dfgadfasdfsadf

Ons Geskiedenis

Gedurende 1954, begin WG Gaffley ‘n huurmotor diens in Grabouw – bygestaan deur sy twee seuns Joseph en Colin.  Na sy heengaan in 1960, het sy seuns besef dat hulle nie met die groeiende aanvraag na passasiersvervoer teen hierdie trant kan voortgaan nie;  hulle besluit toe om ‘n busdiens te begin.  Oorspronklik is net een bus aangekoop – en sodoende is Gaffley’s Transport (Edms) Bpk op die been gebring.

Bo en behalwe ‘n pendelaarsdiens vir die gemeenskap van Grabouw, is daar ook vervoer verskaf aan skoolkinders op plase in die Elgin Vallei, fabriekswerkers in Grabouw, Somerset-Wes en Strand.

Kort daarna het ons ‘n daaglikse diens tussen Grabouw en Somerset-Wes bekend gestel.  Toestemming is ook verkry om ‘n diens vanaf Grabouw na Bellville en Kaapstad te begin.  Al hierdie dienste is nog in plek en groei van krag tot krag.

Na die rugbywêreldbekertoernooi in 1994, het ons besef dat toerisme in Suid-Afrika besig is om te groei, en maak ons toetrede tot die toeristebedryf.  Twee luukse busse is aangekoop en in 1995 word die toeriste afdeling geloods.  Ons luukse busvloot bestaan tans uit 4 sitplek voertuie tot 65 sitplek busse.  Gaffley’s – Grabouw, bestaan uit ‘n wye verskeidenheid busse wat strek vanaf 7 sitplekke tot 65 sitplek busse.

Uit die staanspoor streef ons daarna om ‘n betroubare diens teen redelike pryse te lewer.  Ons het onskatbare ondervinding gedurende die laaste 56 jaar in die busvervoerbedryf opgedoen en die voordele word beslis deur ons kliёnte en passasiers benut.

Ons stel graag aan ons kliënte voor om gedurende die dag te reis, om sodoende ons land se skoonheid en prag te aanskou, maar sou hulle verkies om gedurende die nag (aand) te reis, is ons 100% tegemoetkomend, en sal ons die nodige voorsorgmaatreëls tref om ons passasiers se veiligheid te verseker.

Gaffley’s het lidmaatskap by SATSA, Kaapstad Toerisme Bureau, SABOA en WECBOF.  Gaffley’s Transport – Grabouw word bestuur deur Joseph se dogter, Glynis vir die afgelope 25 jaar, terwyl Gaffley’s Coach Tours vir die afgelope 17 jaar deur sy seun, Noel, bestuur word.

 

asdfasdfasdfasdf